swartland business directory
You are here: Home News Charities Musiek en paaseiers : Aandskemering

Musiek en paaseiers : Aandskemering

E-mail Print
malmesbury-lions-clubLIONSKLUB Malmesbury

9 April 2009: 15h00
Op die Donderdag voor Paasnaweek het ons die bejaardes by Aandskemering onthaal op musiek en paaseiers. (Tannie Wendy se idée) Ek het ‘n paar woorde gespreek (in afwesigheid van die Lion President) en die feestelikheid aan die gang gesit. Tannie Wendy Flemming (klavier) en Marguerite Holtzhausen (dwarsfluit) het ‘n wye verskeidenheid van musiek gespeel en afgesluit met bekende liedere, wat hartlik saamgesing is. So tussen-deur het ek begin om paaseiers uit te deel. Hulle het dit baie geniet en so mooi dankie gese. Glimlagte was oral te sien! (Karin, van Free Gig, het ‘n paar foto’s geneem, so wees op die uitkyk....die Lions is sigbaar in Malmesbury!)

Terwyl hulle besig was, het ek sommer die gange ingevaar met die mandjie en links en regs paaseiers uitgedeel, vir die personeel ook. Daar was bejaardes wat nie na die sitkamer kon kom nie. Sommiges wou weet hoeveel hulle moet betaal. Een tannie het gese sy het nie nou geld om te koop nie en was baie verras dat dit verniet was! Ek was baie hartseer en geraak om te sien dat sommige bejaardes so verswak is, dat hulle nie die papier self kon oopskeur nie! Dit het my opnuut dankbaar gemaak dat ek nog so gesond was! Ek het met die suster gaan praat en sy het voorgestel dat ek die paaseiers liewer by Mev. Zaaiman moet los sodat hulle dit later, met ete, vir die mense kon gee. Vir sommiges moet dit opgesny word en gevoer word. Ja, oudword is nie vir sissies nie!
Vroeer die oggend, het ek ‘Hot Cross Buns’ by Goue Aar, Tehuis vir Bejaardes  in Wesbank, afgelaai. (Marina se blink idée) Hulle het dit net so waardeer.

Ons dien!
Theresa van Vreden
 

Add comment


Security code
Refresh

0-9 A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Local News

Hoërskool Swartland 9 Junie 2010

Hoërskool Swartland 9 Junie 2010

Kwartaalbrief Junie 2010
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Rugbytoernooi
Ons skool bied ‘n rugbytoernooi aan op Donderdag 8 Julie en Saterdag 10 Julie op ons velde.  Hier volg die tye van die wedstryde en die spanne wat teen mekaar sal speel:

Read more...
More:

29ste Kudde-Evaluering en Ramveiling

Vrydag 7 Augustus hou die Malmesbury skaapstudiegroep hulle 29ste Kudde-Evaluering en Ramveiling.  Die beging reeds 07:00 die oggend en daar is heelwat te doen.  Vir volledige program, gaan na die Events.

Read more...
More:

How to List Business

How to List Business

There are three ways to list :
1. Contact us (073 143 9530) and we will visit you at your business and do all the admin.
2. Down load the application form , complete it and e-mail or fax it back to us.
3. Do it yourself by following the steps as shown  in...

Read more...
More:

The Darling Trust

The Darling Trust

About The Darling Trust

The Darling Trust was established in August 2003 by founding member, former trustee and present patron, Pieter-Dirk Uys.

Read more...
More:

How to List Jobs

To add a listing under the jobs section, all you have to do is to click on Add Entry under the jobs menu.  Just fill in your name Name, Town, Telephone, if you have an email, the type of work that you are looking for or that you might have and the de...

Read more...
More:

NG Gemeente Swartland 13 Junie 2010

NG Gemeente Swartland 13 Junie 2010

Program van die week
Sondag 13 Junie
09:30 Doopdiens– Ds Gert Hattingh
Spes. Deurkollekte: Restourasiefonds
Opbrengs Jeugwerk: R1394.80
Biddag vir Jeug en Kategese Read more...

More:

Malmesbury Muurbalklub 2009

Malmesbury Muurbalklub gaan van krag tot krag, en het hierdie jaar dit weereens bewys.

Daar is 3 spanne in die WP liga ingeskryf, en die spanne het as volg presteer.

4e liga:  Wen hul liga

Span: Marcelle Prinsloo, Francois Louw, Frikkie Bester, Johan Coe...

Read more...

Make us your Homepage

Price List

business-directory-option1 FREE LISTING
See Sample
Cost
FREE
business-directory-option2 MINI Website
See Sample
Cost
R385 per year
business-directory-option3 FULL Website
See Sample
Cost
From R2500

Sê jou Sê

Wie is die swakste bok in Australasie?
 

Who's Online

We have 11 guests online