swartland business directory
You are here: Home News Church Die God van baie kanse 1

Die God van baie kanse 1

E-mail Print

02-god-van-baie-kanseLev. 4:20 - “en dit sal hom vergewe word.”

 

ISRAEL

Ou Israel het God se wette gebreek om elke hoek en draai. Daar is seker nie ‘n wet soos deur Moses aan hulle gegee wat die volk nie op een of ander stadium oortree het nie.

So vroeg al as in Exod. 32 wou God die hele volk van Israel geheel en al uitdelg en met ‘n nuwe geslag deur Moses begin a.g.v. hulle afvalligheid om ‘n goue kalf te maak. Die Here sê vir Moses (vers 10): “Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot ‘n groot nasie maak.”

Maar dan begin Moses by die Here vir die volk in te tree en te pleit vir hulle behoud (vers 11-13). Met die resultaat dat ons lees in vers 14: “Toe het dit die HERE berou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.”

En so sou mens kon aanhou om te wys hoeveel kanse het God vir hulle gegee. Ja, die Here is ‘n God van baie kanse!

Die boek Levitikus is die boek waarin die wet formeel aan Israel gegee is. Dit begin met die verskillende offers wat Israel moes bring onder seker kondisies. Een van die soorte offers was ook die sondoffer. In daardie offer was ingebou die beginsel van baie kanse. In hoofstuk 14 word na 4 verteenwoordigende groepe uit die hele volk verwys indien hulle sou sondig voor die Here:

Vers 3 – Indien die gesalfde priester sou sondig

Vers 13 – Indien die hele vergadering van Israel sou sondig

Vers 22 – Indien ‘n owerste sou sondig

Vers 27 – Indien enige gewone individu uit die volk so sondig.

In die verband was daar dan die voorskrifte hoe daar in elke geval die sondoffer gebring moes word en telkens was die uitkoms (Lev. 4:20, 26, 31, 35): “en dit sal hom vergewe word.”

Is dit nie baie wonderlik nie! Om te dink: Reeds onder die wet van die Ou Testament leer ken ons die Here as die God van baie kanse vir wanneer ‘n mens teenoor Hom oortree. Sê nou net jy het net een kans gehad en dan was dit verby met jou … Dan was die hele volk van Israel binne ‘n jaar uitgedelg. Tot selfs Moses sou dit ook nie gemaak het nie. Dan meen ek was daar nou nie ‘n enkele mens oor op die aarde nie!

Nou na die kruis van Jesus het al daardie offers van die Ou Testament vervulling gekry in die offer van Golgota. Nou was die bloed van Jesus my en jou sonde weg (as weergeborenes) elke keer wat ons oortree en ons na die Here gaan met berou vir sonde vergifnis! Ek voel om in ‘n lofdans voor die Here oor te gaan en “halleluja” en “hosanna” en “dankie Jesus” te skree tot vanaand toe … en dan sommer so aan te hou vir die res van my lewe!

Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

 

Add comment


Security code
Refresh

0-9 A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Local News

Hoërskool Swartland 9 Junie 2010

Hoërskool Swartland 9 Junie 2010

Kwartaalbrief Junie 2010
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Rugbytoernooi
Ons skool bied ‘n rugbytoernooi aan op Donderdag 8 Julie en Saterdag 10 Julie op ons velde.  Hier volg die tye van die wedstryde en die spanne wat teen mekaar sal speel:

Read more...
More:

29ste Kudde-Evaluering en Ramveiling

Vrydag 7 Augustus hou die Malmesbury skaapstudiegroep hulle 29ste Kudde-Evaluering en Ramveiling.  Die beging reeds 07:00 die oggend en daar is heelwat te doen.  Vir volledige program, gaan na die Events.

Read more...
More:

How to List Business

How to List Business

There are three ways to list :
1. Contact us (073 143 9530) and we will visit you at your business and do all the admin.
2. Down load the application form , complete it and e-mail or fax it back to us.
3. Do it yourself by following the steps as shown  in...

Read more...
More:

The Darling Trust

The Darling Trust

About The Darling Trust

The Darling Trust was established in August 2003 by founding member, former trustee and present patron, Pieter-Dirk Uys.

Read more...
More:

How to List Jobs

To add a listing under the jobs section, all you have to do is to click on Add Entry under the jobs menu.  Just fill in your name Name, Town, Telephone, if you have an email, the type of work that you are looking for or that you might have and the de...

Read more...
More:

NG Gemeente Swartland 13 Junie 2010

NG Gemeente Swartland 13 Junie 2010

Program van die week
Sondag 13 Junie
09:30 Doopdiens– Ds Gert Hattingh
Spes. Deurkollekte: Restourasiefonds
Opbrengs Jeugwerk: R1394.80
Biddag vir Jeug en Kategese Read more...

More:

Malmesbury Muurbalklub 2009

Malmesbury Muurbalklub gaan van krag tot krag, en het hierdie jaar dit weereens bewys.

Daar is 3 spanne in die WP liga ingeskryf, en die spanne het as volg presteer.

4e liga:  Wen hul liga

Span: Marcelle Prinsloo, Francois Louw, Frikkie Bester, Johan Coe...

Read more...

Make us your Homepage

Price List

business-directory-option1 FREE LISTING
See Sample
Cost
FREE
business-directory-option2 MINI Website
See Sample
Cost
R385 per year
business-directory-option3 FULL Website
See Sample
Cost
From R2500

Sê jou Sê

Wie is die swakste bok in Australasie?
 

Who's Online

We have 9 guests online