By SwartlandHome.co.za kyk ons ‘n bietjie anders na werk as gewone werksoek webwerwe. Deesdae word mense links en regs ontslaan en ons almal ken iemand wat op die oomblik by die huis sit sonder werk. Ons kan ook nie altyd die maatskappy kwalik neem nie, want hulle doen ook maar wat hulle moet om kop bo water te hou.
Dieselfde maatskappy mag dalk mense nodig hê, maar hulle kan nie bekostig om iemand permanent aan te stel nie. Dit is hier waar swartlandhome.co.za dink ons kan so bietjie hand gee in die gemeenskap.
Die van julle wat dalk gereeld na RSG luister sal vir Fonnie en sy werksoek program ken. Swartlandhome.co.za baseer die werksoek op dieselfde vlak. Jy hoef nie ‘n fancy CV voor te berei om te lys nie. Al wat jy moet invul is jou naam, kontak nommer, waar jy bly en wat jy kan doen.
Jy moet jouself dan in een van 3 kategoriee plaas wat bestaan uit “Senior citizens; School leavers; General”
Maatskappy kan dan ook soek vir iemand onder dieselfde kategoriee. Dus as hulle ‘n sterk jong man soek om te help op ‘n Saterdagoggend, kan hulle gaan soek onder die “School leavers”
Gaan gerus na http://www.swartlandhome.co.za/jobs en help mekaar - teen geen koste en staan ‘n kans om een van 2 selfone te wen!
| < Prev |
|---|















