1. Uit die hoof se kantoor
Gelukwense :
Baie geluk aan al ons leerders wat puik presteer
op verskeie gebiede. Hetsy akademiese ere- en halfkleure, bekerwenners, sportprestasies en ander terreine. Ons is werklik trots op elke leerder wat ons skool se naam eer aandoen op hierdie manier.
Baie dankie :
‘n Opregte dankie aan leerders wie se gedrag puik is by sportbyeenkomste. Ons sien julle raak en waardeer julle positiwiteit en samewerking. Baie dankie aan alle ouers, leerders en personeel wat help om van ons byeenkomste ‘n sukses te maak – ons sien harde werk by die Snoepie, op die veld as beamptes, maar ook agter die skerms. Julle is staatmaker
DJ MARAIS
2. Voorligting
Graad 10 oueraand :
U word genooi na die oueraand vir alle graad 10 ouers op Maandag 15 Februarie om 19:00 in ons skoolsaal. Belangrike inligting rakende u kind se graad 10 jaar sal aan u deurgegee word waarna daar geleentheid gegun sal word waar u met die vakonderwysers sal
Beroepsvoorligting graad 11 en 12 leerders :
Talle leerders is nog onseker watter beroepsrigting hul moet volg. Die sentrum vir voornemende studente van die Universiteit van Stellenbosch in samewerking met mev. Pieterse, ‘n opvoedkundige sielkundige, besoek ons skool op 23 Februarie vanaf 14:00-16:00 om toetsing in die verband te doen. Kostes is R750,00 per leerder. Enige graad 11 en 12 leerder wat belangstel moet nul name vir mej. Greeff bring. Terugvoering aan ouers word ook geskeduleer.
3. Skoolfonds
Ons soek steeds die onderstaande persoon wat ‘n inbetaling gedoen het :
- 16/01 : Niel Swart R6 400
Kontak asseblief mev P van der Westhuijzen by ons finansieskantoor indien u dit herken.
4. Matriekafskeid 2010Alle graad 11 ouers word vriendelik uitgenooi na ‘n Matriekafskeid vergadering op Maandag 22 Februarie van 17:30 tot 18:30 in die Personeelkamer by die skool. Ons wil graag tydens hierdie vergadering die matriekafskeidkomitee kies. Ons wil regtig vra dat ons graad 11 ouers in groot getalle sal opdaag, want ons het elke moontlike hulp baie nodig en daar is verskeie gebiede waar u ‘n bydrae
Atletiekverslag
Charlie Hofmeyr byeenkoms 4 Februarie :
Ons atlete het baie goed gevaar. Daar was 18 eerste plekke behaal en ons atlete kon hul goed voorberei vir die Interskole. Volledige uitslae van hierdie byeenkoms is by die skool beskikbaar indien u belangstel.
Interskole tussen La Rochelle, Boland Landbou, Worcester Gim, Hugenote en Swartland 9 Februarie :
Goeie prestasies is ook hier behaal. Lorenzo Adams is aangewys as die beste O/17 seun van die byeenkoms en Heleen Malan as 6de beste prestasie deur ‘n dogter behaal. As gevolg van gebrek aan ruimte kan ons nie almal se prestasies plaas nie, maar volledige uitslae is by die skool beskikbaar.
Medaljes wat verower is : 22 goud, 18 silwer en 18 brons.
Aan die einde van die dag was Boland Landbou en La Rochelle eerste (1194 punte), Swartland tweede (797 punte), Hugenote derde (737 punte) en Worcester Gim vierde (464).
Krieket
O/19A vs Worcester Gimnasium op Saterdag 6 Februarie : WG kolf eerste en word uitgehaal vir 154 lopies na 49 boulbeurte. Ons beste bouler was Michael Janse van Vuuren met 4 paaltjies vir 33 lopies in 9 beurte asook Jan Prinsloo met 3 paaltjies vir 42 lopies in 10 beurte. Swartland behaal die vereiste 155 lopies na 31 beurte met 1 paaltjie staande. Ons beste kolwer was Jan Prinsloo met 70 lopies (behaal met 47 balle, 4 sesse en 8 viere!) Swartland wen hierdie baie spannende en goeie wedstryd met 1 paaltjie.
O/15 vs Worcester Gim : Ons O/15 span wat hoofsaaklik uit O/14 spelers bestaan het, het baie swaar gekry en die wedstryd verloor.
Gholf
Teen Steynville Sekondêr op 1 Februarie :
A-span : HSS 83 punte en Steynville 56 punte. Meeste punte aangeteken – Alwyn Zaayman 23.
B-span : HSS 60 punte en Steynville 35 punte. Meeste punte aangeteken – Heinrich Myburgh 20.
Interskole teen Hugenote Hoërskool 8 Feb :
A-span : HSS 96 punte en Hugenote 66 punte. Meeste punte aangeteken – Nicolaih Burger en Alwyn Zaayman met 26 elk.
B-span : HSS 73 punte en Hugenote 19 punte. Meeste punte aangeteken – Heinrich Myburgh 23.
Baie geluk aan ons gholfspelers. Julle doen baie goed!
6. LeerderprestasiesTweekamp
Na afloop van die Interprovinsiale byeenkoms te Oudtshoorn op 6 Februarie het ons die volgende puik uitslae ontvang :
Bennie Fourie : S17 – 2de plek
Daniël Malan : S17 – 12de plek
Annereen Malan : D15 – 6de plek
Anien van Staden : D15 – 25ste plek
Heleen Malan : D17 – 5de plek
Daar was 423 atlete uit 8 provinsies wat aan hierdie byeenkoms deelgeneem het. Ons atlete het puik gevaar. Baie geluk!
Die volgende Tweekamp liga byeenkoms is op 19 Februarie by Hoërskool Swartland.
Gholf
Alwyn Zaayman is gekies om op 14 Februarie vir Boland teen WP (O/14) in ‘n vriendskaplike gholftoernooi te speel. Baie geluk en baie sterkte met die uitdaging, Alwyn!
Atletiek
Na afloop van ons Interkleure atletiek, het ons die volgende prestasies geïdentifiseer :
Victrix Laudorum vir beste Junior dogter : Annereen Malan
Victrix Laudorum vir beste Senior dogter : Heleen Malan
Victor Laudorum vir beste Junior seun : Jemeel Warnick
Victor Laudorum vir beste Senior seun : John-William Dürr
Beste presteerders in onderskeie ouderdomsgroepe :
Dogters 14 : Petro Bower Seuns 14 : Anezo Tolbadi
Dogters 15 : Annereen Malan Seuns 15 : Jemeel Warnick
Dogters 17 : Cinny Moreland Seuns 17 : Bennie Fourie
Dogters 19 : Heleen Malan Seuns 19 : John-William Dürr
Baie geluk aan hierdie atlete!
Toetsreeks rooster vir die volgende paar dae
|
|
Gr 8 |
Gr 9 |
Gr 10 |
Gr 11 |
Gr 12 |
|
Di 16/2 Dag 6 |
NAW |
NAW taak |
Drama GP Wiskunde |
Landbouwetenskap Ingenieursgrafika |
Afrikaans |
|
Do 18/2 Dag 8 |
Tegnologie |
Wiskunde |
Engels |
Engels |
Rekeningkunde Verbruikerstudie |
|
Di 23/2 Dag 3 |
Engels |
Afrikaans |
Landbouwetenskap Ingenieursgrafika |
Geskiedenis Siviele Tegnologie |
Engels Vraestel 1 |
|
Do 25/2 Dag 5 |
LO |
SW |
Rekeningkunde Verbruikerstudie |
Lewenswetenskap Ekonomie CAT Prakties |
Wiskunde Wisk. Gelett. |
WEEKPROGRAM
Maandag 15 Februarie (Dag 5)
Kooroefening vir ALLE koorlede 13:30 – 15:00 in die skoolsaal
Gholf vs Vredenburg (tuis)
Gr 10 Oueraand om 19:00
Dinsdag 16 Februarie (Dag 6)
Beheerliggaam subkom. Personalia vergader om 18:00
Woensdag 17 Februarie (Dag 7)
Detensie : 13:30 – 15:30
Donderdag 18 Februarie (Dag 8)
Beheerligg. Subkom. Vaste Bates vergader om 18:00
Vrydag 19 Februarie (Dag 1)
Tennis vs Piketberg :
1ste en 2de S & 1ste en 2de D (weg)
Landboutoer
Saterdag 20 Februarie
Krieket O/19A vs HTS Drostdy (tuis)
Krieket O/15A vs HTS Drostdy (weg)
Toutrek te Goudini
Landboutoer
Atletiek : Wes-Boland te Moorreesburg
Maandag 22 Februarie (Dag 2)
Koshuiskomitee vergader om 08:30
Beheerliggaam subkom. Finansies vergader om 18:00
| < Prev | Next > |
|---|



Met trots maak ons bekend dat G.M.O. soos vantevore aangaan met hul kwaliteit, stiptelike en eerbare diens.

