swartland business directory
You are here: Home News Schools Hoërskool Swartland 19 Feb 2010

Hoërskool Swartland 19 Feb 2010

E-mail Print
02-hoerskool-swartland1Uit die hoof se kantoor

Baie dankie :  Ons het ‘n baie suksesvolle somer Interskole-week agter die rug

en ek bedank ‘n ieder en ‘n elk vir goeie ondersteuning en samewerking met al ons aktiwiteite. Baie werk is agter die skerms verrig waarsonder die sport nie sou kon plaasvind nie en ek het waardering vir elkeen se toegewydheid en belangstelling in ons skool.

Selfone :

Ons kan nie die belangrikheid van hierdie saak genoeg beklemtoon nie en ons vra regtig dat almal sal saamwerk om hierdie probleem aan te spreek.  Ons beleid is dat leerders in die administratiewe periode hul selfone by die kantoor kom inhandig waar dit in veilige bewaring gehou word vir die dag.  Aan die einde van die dag kan hul selfone weer afgehaal word.  Daar is egter nou ‘n tendens dat leerders wat siekerig voel hul selfone in klastyd gebruik om hul ouers te kontak.  En sodoende word dit ‘n tendens wat deur leerders misbruik word.  Die reël is dat ‘n leerder wat siek voel by die kantoor aanmeld waar die ouers gekontak sal word. Ons vra u samewerking en sal streng optree teen hierdie tendens.

Netheid :

Ek wil ons ouers vriendelik versoek om soggens na u kind te kyk as hy/sy by die deur uitstap skool toe.  Van ons leerders lyk regtig slordig met veral vuil skoene, truie vol gate en wat bo-oor die vingers hang en natuurlik hare wat in alle rigtings staan.  Kom ons let ‘n bietjie op die detail en leer ons kinders om netjies te vertoon sodat hulle trots voel op hul skooldrag en hulself en terselfdertyd ‘n positiewe prentjie na buite uitstuur.

Oopdeurbeleid :

Ek wil net weer beklemtoon dat ek ‘n oopdeurbeleid het by die skool.  Indien enigiemand ‘n probleem van enige aard het wil ek vriendelik vra dat u tog die moeite sal doen om my te kom spreek.  Ek is heeltemal bereid om probleme aan te hoor en dit so gou moontlik op te los.  As u nie kom praat nie, is ek nie daarvan bewus nie, en kan ek niks aan die saak doen nie.  Dit word baie moeilik as ek via die owerhede in kennis gestel word van ‘n ongelukkigheid by ‘n ouer waar dit baie vinnig in die kantoor opgelos kon gewees het.  Dit is wenslik dat u dus eerste na my kom – meeste van die tyd kan ‘n probleem onmiddellik uitgeklaar en aangespreek word sonder om na hoër gesag te gaan. Dit skakel onnodige briefwisseling, oproepe en besoeke uit wat oneindig baie van ‘n mens se kosbare tyd in beslag neem.  Tyd wat ek liewer in die klasse tussen die leerders kon spandeer het.   Baie dankie dat u sal saamwerk tot voordeel van ons skool en ons leerders.

DJ MARAIS

2.   Skoolfonds

Ons het die afgelope week begin om rekeninge uit te stuur.  U moet asseblief daarop let dat die rekeninge na die Januarie bankrekonsiliasie gedruk is.  Enige direkte deposito’s wat gedurende Februarie gedoen is, gaan dus nie op die staat verskyn nie.  Kontantdeposito’s wat by die skool gedoen is, sal wel op die rekening verskyn.  Direkte deposito’s gedurende Februarie sal eers op die volgende rekening in Maart verskyn.  Kontak gerus vir mev P van der Westhuijzen by ons finansieskantoor indien u nie die rekeninguitleg verstaan nie.

Sal u tog asseblief seker maak dat die teller by die bank met ‘n direkte deposito u kind se naam as verwysing intik, anders kan ons nie die geld na u kind allokkeer nie.  Ons wag steeds vir ‘n verduideliking vir die R6400 met die verwysing “Niel Swart” op 16 Januarie 2010.  Kan u ons hiermee help?

Sien ons bankbesonderhede agterop die nuusbrief.

3.  Matriekafskeid 2010

Ons herinner net weer ons graad 11 ouers na die Matriekafskeid vergadering op Maandag 22 Februarie van 17:30 tot 18:30 in die Personeelkamer by die skool.  Ons wil graag tydens hierdie vergadering die matriekafskeidkomitee kies.  Ons wil regtig vra dat ons graad 11 ouers in groot getalle sal opdaag, want ons het elke moontlike bydrae baie nodig.

4.  SMS Web

Teen hierdie tyd moes u reeds elkeen ‘n SMS van die skool ontvang het om u welkom te heet op die Bulk SMS sisteem.  Ons gebruik hierdie fasiliteit om u in kennis te stel van baie belangrike gebeure by die skool, asook om u in te lig as u kind op detensie geplaas is, of enige ander inligting rakende u kind wat van belang mag wees.  Indien u nie op die sisteem is nie, of onseker is, vra ons u vriendelik dat u mev D de Klerk by die skool sal skakel vir regstellings of enige navrae.  Ons wil graag die kommunikasie met ons ouers deur middel van hierdie stelsel bevorder.

5.  Sportuitslae

Krieket

O/19A vs Hugenote op Saterdag 13 Februarie 2010:

Hugenote kolf eerste en word uitgehaal vir 128 lopies.  Ons beste boulers was Jan Prinsloo met 4 paaltjies vir 21 lopies en Chris Steyn met 3 paaltjies vir 27 lopies.

Swartland word uitgehaal vir 54 lopies en verloor dus met 74 lopies.

O/17 vs Hugenote :

Hugenote kolf eerste en teken 125 lopies aan met 5 kolwers uit (paaltjies plat) in 25 boulbeurte.  Ons beste bouler was Werner van Wyk met 2 paaltjies vir 14 lopies.  Swartland antwoord met 109 met 5 kolwers uit in die 25 boulbeurte.  Ons beste kolwers was Wehan Dreyer met 51 lopies nie uit nie en Michael Garisch met 22 lopies.  Swartland verloor met 16 lopies.

O/15 vs Hugenote :

Swartland kolf eerste en teken 89 lopies aan met 5 kolwers uit in 20 beurte.  Ons beste kolwer was D’Niel Rossouw met 39.  Hugenote antwoord met 90 lopies en 4 kolwers uit in die 19de beurt.  Ons beste boulers was Alvin Felix met 2 paaltjies vir 15 lopies en Fizal Bassa met 2 paaltjies vir 9 lopies.  Hugenote wen dus met 5 paaltjies.

O/19A vs Vredenburg op Woensdag 10 Februarie – Pro 20 liga :

Swartland teken 101 vir 8 aan in 20 boulbeurte.  Ons beste kolwer was John-William Dürr met 27.  Vredenburg word uitgehaal vir 63 lopies na 15 boulbeurte.  Ons beste boulers was Johan Zwiegelaar met 4 paaltjies vir 9 lopies en Llewellyn Hartman met 3 paaltjies vir 16 lopies.  Swartland wen dus met 38 lopies.  HSS het deurgedring na die kwarteindrondte van Boland Pro 20 liga.

Atletiek

Swartland Sone byeenkoms Saterdag 13 Februarie :  Ons skool behaal die volgende medaljes :

Goud 47, Silwer 26, brons 12.

Die volgende leerders het rekords verbeter :

Heleen Malan D.19 – in 1500m, 800m, driesprong en 400m hekkies

Marichen Groenewald D.19 – in diskus

Rally Fredericks S.14 – 400m

Lorenzo Adams S.17 – in 400m en 200m

Marco van Huyssteen S.17 – in hoogspring

Duncan Matthews S.17 – in 400m hekkies

Bennie Fourie S.17 – in 3000m

Verdere detail en uitslae is by die skool beskikbaar.

Tennis

Teen Hugenote Hoërskool :  Die eerste seunstennisspan wen 12–0.  HSS se eerste seunspan het nog nooit ‘n tennis interskole verloor nie en sit dus die tradisie voort.

Die tweede seuns het begin met hul dubbels en altwee die dubbelwedstryde gewen, maar toe hul enkelwedstryde verloor 5–10. Die tweede dogters verloor 2–12 en die eerste dogters verloor 0– 2.

Ons dogterspanne het ook teen Hoërskool Dirkie Uys gespeel.  Die eerste dogters verloor 0–16 en die tweede dogters wen 14–3.  Dirkie Uys se eerste seunspan het onttrek teen ons tweede seunspan.

6.  Leerderprestasies

Musiek

Heleen Malan het ‘n persentasie van 93% behaal vir haar UNISA graad 3 musiekteorie eksamen en daarmee word haar naam op die UNISA Ererol vir Uitblinkers geplaas.  Baie geluk met ‘n pragtige prestasie, Heleen!

Pluimbal

Andries Malan het verlede naweek aan die WP O/19 Ope Pluimbalkampioenskappe deelgeneem.  Hy het die gemengde dubbels en die seuns dubbels gewen.  Die seuns dubbels span teen wie hulle gewen het, was verlede jaar al in die SA O/19 span wat die Afrika kampioenskappe gewen het!  Hierdie span het nog net een keer die afgelope twee jaar verloor.  In die seuns enkels het hy egter in die finaal teen Jamie McManus van Universiteit Stellenbosch verloor.  Goed gedoen, Andries!

Toetsreeks rooster vir die volgende paar dae

Gr 8

Gr 9

Gr 10

Gr 11

Gr 12

Di 23/2

Dag 3

Engels

Afrikaans

Landbouwetenskap

Ingenieursgrafika

Geskiedenis

Siviele Tegnologie

Engels

Vraestel 1

Do 25/2

Dag 5

LO

SW

Rekeningkunde

Verbruikerstudie

Lewenswetenskap

Ekonomie

CAT Prakties

Wiskunde

Wisk. Gelett.

Di 2/3

Dag 8

Afrikaans

LO

Geografie

CAT Prakties

Fisiese wetenskap

Besigheidstudies

Engels

Vraestel 2

Do 4/3

Dag 2

Kuns en Kultuur

EBW

Fisiese wetenskap

Besigheidstudies

Geografie

CAT Teorie

Drama

GP Wiskunde

WEEKPROGRAM

Maandag 22 Februarie (Dag 2)

Koshuiskomitee vergader om 08:30

Kooroefening vir ALLE koorlede 13:30 – 15:00

in die skoolsaal

Gholf vs Hopefield te Langebaan

Matriekafskeid vergadering vir graad 11 ouers

om 17:30 in Personeelkamer

Beheerligg. subkom. Finansies vergader om 18:00

Dinsdag 23 Februarie (Dag 3)

Toutrekouers vergader om 19:00 in

Personeelkamer

Woensdag 24 Februarie (Dag 4)

Detensie : 13:30 – 15:30

Donderdag 25 Februarie (Dag 5)

CTU spreek gr 11 en 12 leerders toe (skooltyd)

Swem te Bridge House

Beheerliggaamverkiesing om 19:00 in die

OLOK-saal

Vrydag 26 Februarie (Dag 6)

Uitnaweek

Tennis vs Velddrif : 2de seuns

Saterdag 27 Februarie

Uitnaweek

Toutrek SA Kampioenskappe en tuiskompetisie(tuis)

Krieket streekwedstryde

Atletiek : Boland kampioenskappe

Maandag 1 Maart (Dag 7)

img src="/images/Swartland/news/schools/2010/02-hoerskool-swartland1.jpg" alt="02-hoerskool-swartland1" style="float: left;" />Uit die hoof se kantoor

Add comment

Security code
Refresh

0-9 A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Local News

Hoërskool Swartland 9 Junie 2010

Hoërskool Swartland 9 Junie 2010

Kwartaalbrief Junie 2010
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Rugbytoernooi
Ons skool bied ‘n rugbytoernooi aan op Donderdag 8 Julie en Saterdag 10 Julie op ons velde.  Hier volg die tye van die wedstryde en die spanne wat teen mekaar sal speel:

Read more...
More:

29ste Kudde-Evaluering en Ramveiling

Vrydag 7 Augustus hou die Malmesbury skaapstudiegroep hulle 29ste Kudde-Evaluering en Ramveiling.  Die beging reeds 07:00 die oggend en daar is heelwat te doen.  Vir volledige program, gaan na die Events.

Read more...
More:

How to List Business

How to List Business

There are three ways to list :
1. Contact us (073 143 9530) and we will visit you at your business and do all the admin.
2. Down load the application form , complete it and e-mail or fax it back to us.
3. Do it yourself by following the steps as shown  in...

Read more...
More:

The Darling Trust

The Darling Trust

About The Darling Trust

The Darling Trust was established in August 2003 by founding member, former trustee and present patron, Pieter-Dirk Uys.

Read more...
More:

How to List Jobs

To add a listing under the jobs section, all you have to do is to click on Add Entry under the jobs menu.  Just fill in your name Name, Town, Telephone, if you have an email, the type of work that you are looking for or that you might have and the de...

Read more...
More:

NG Gemeente Swartland 13 Junie 2010

NG Gemeente Swartland 13 Junie 2010

Program van die week
Sondag 13 Junie
09:30 Doopdiens– Ds Gert Hattingh
Spes. Deurkollekte: Restourasiefonds
Opbrengs Jeugwerk: R1394.80
Biddag vir Jeug en Kategese Read more...

More:

Malmesbury Muurbalklub 2009

Malmesbury Muurbalklub gaan van krag tot krag, en het hierdie jaar dit weereens bewys.

Daar is 3 spanne in die WP liga ingeskryf, en die spanne het as volg presteer.

4e liga:  Wen hul liga

Span: Marcelle Prinsloo, Francois Louw, Frikkie Bester, Johan Coe...

Read more...

Make us your Homepage

Price List

business-directory-option1 FREE LISTING
See Sample
Cost
FREE
business-directory-option2 MINI Website
See Sample
Cost
R385 per year
business-directory-option3 FULL Website
See Sample
Cost
From R2500

Sê jou Sê

Wie is die swakste bok in Australasie?
 
Who's Online

We have 11 guests online