Swartland Business Directory

Hoërskool Swartland 19 Maart 2010

hoerskool-swartlandDIT IS DIE LAASTE WEEKLIKSE NUUSBRIEF VIR HIERDIE KWARTAAL. VOLGENDE WEEK ONTVANG U ‘N KWARTAALBRIEF SAAM MET U KIND SE RAPPORT.

Uit die hoof se kantoor

Dissipline

Ons doen weer ‘n beroep op ons ouers om ons by te staan met die uitoefening van dissipline by die skool.  Ek wil u vriendelik versoek dat, as u kind by die huis kom en ‘n onderwyser met u bespreek, u nie sal toetree tot die afbreek van die onderwyser nie, maar dat u my sal skakel en die saak met my bespreek.  Sodra die kind agterkom dat u as ouer hom of haar versterk in die afbreek van die onderwyser, kom die kind die volgende dag skool toe met die veronderstelling dat hy of sy die ondersteuning van hul ouers het, en dit veroorsaak dat leerders nie die nodige respek teenoor onderwysers betoon nie.

Onthou, daar is altyd twee kante van enige saak.  Daarom nooi ek u uit om my te kom sien as u ongelukkig voel oor iets.  My deur staan oop en u is werklik welkom om te kom praat.

Naweek kaperjolle

Ek is bewus daarvan dat daar gesê kan word dat ek nie beheer oor kinders het, of kan uitoefen oor naweke nie, maar dit het onder my aandag gekom dat leerders van ons skool oor naweke hulself by partytjies skuldig maak aan drankmisbruik.  Ek weet nie of ons ouers altyd daarvan bewus is nie, maar dit wat ek gehoor het, klink nie goed nie.  ‘n Stukkie goeie raad is om nie jou kind te laat uitslaap by mense wat jy nie goed ken nie, en om self jou kind op en af te laai.  Sodoende kan jy jouself vergewis van hoe u kind lyk en ook hoe die ander kinders lyk wat by die partytjie is.

Reëlings in verband met rapporte

Dit is ons beleid dat rapporte slegs op Vrydag 26 Maart tot en met 10:30 aan aanwesige leerders in hul registerklasse oorhandig word.  Geen afwesige leerder mag skool toe kom bloot om ‘n rapport te kom ontvang nie.  Rapporte wat nie afgehaal word nie, sal toegesluit word en op die eerste dag van die tweede kwartaal uitgegee word.  Geen rapporte sal gepos word nie. Nadat die skool om 10:30 gesluit het, is rapporte nie meer beskikbaar om afgehaal te word nie.

Baie dankie vir u samewerking.

DJ MARAIS

INTERESSANTE PITKOS!

Uittreksel uit : “Tips for healthier family finances –

Your parenting toolkit”

Happy Homes = Happy Communities = Happy Nation!

“Being broke is not the same as being broken, losing money is not the same as being lost, and finding your balance is not something you can do on a balance sheet.  I love the quote by Mother Teresa : ‘The more you have, the more you’re occupied; the less you have, the more free you are.’ Sometimes life has it’s way of placing us in a dry or stormy season to bring us back to the basics, to bring us back to our roots and our loved ones.

Don’t confuse having less with being less, having more with being more, or what you have with who you are.  You do not have to be a rich parent to be a good parent. (word vervolg)

Skoolfonds

Ons het weer een inbetaling wat ons nie aan ‘n leerder kan allokkeer nie.  Sal u asseblief kyk of u dit kan identifiseer en vir mev P van der Westhuijzen by ons finansieskantoor inlig :

15/03      Loubser           R5590.00

Baie dankie!

Sportuitslae

Teen Durbanville verlede naweek :

Rugby

 

HSS

Durbanville

O/14B

19

36

O/14A

15

15

O/15B

0

22

O/15A

25

21

O/16B

27

0

O/16A

42

0

O/19C

32

0

O/19B

8

14

O/19A

16

6

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Netbal

 

HSS

Durbanville

O/14C

4

10

O/14B

10

8

O/14A

13

3

O/16D

8

15

O/16C

7

15

O/16B

10

11

O/16A

16

12

O/19D

16

6

O/19C

18

10

O/19B

14

10

O/19A

23

11

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hokkie

Dogters:

HSS

Durbanville

O/14A

3

0

O/16B

0

0

O/16A

2

1

O/19A

3

0

Seuns:

 

 

O/14A

1

1

O/16A

2

0

O/19A

2

1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leerderprestasies

Swem

Die volgende swemmers het presteer by die SA Skole swemkampioenskappe te Bloemfontein op 5,6 Maart.  Hulle het Wes-Kaap verteenwoordig :

- Tiaan Petersen :                     50m vlinderslag 10de plek

- Christiaan du Plessis :          200m vryslag 3de plek

- Jessika Steyn :                       200m vryslag 2de plek

                                                     100m vryslag 4de plek

                                                     50m vryslag 6de plek

                                                     2 aflosse : 2de plek en 4de plek

Baie geluk aan ons swemmers met jul puik uitslae!

 Tweekamp

Baie geluk aan Daniël Malan wat ingesluit is by die Tweekamp SA Ontwikkelingspan wat, saam met ons ander tweekamp atlete, aan die SA kampioenskappe te Bloemfontein sal deelneem.  Dit vind plaas op Saterdag 3 April.  Baie sterkte aan hierdie atlete!

Oudleerderprestasie

Lucinda Burger (matriek 2009) is toe aangewys as die tweede prinses in die Varsity Cup skoonheidskompetisie, Universiteit Stellenbosch.  Baie geluk, Lucinda!

Aksie-netbal

Die volgende leerders is gekies om WP te verteenwoordig by die Interprovinsiale Aksie-netbal toernooi van 6 – 11 April.  Dit vind plaas by die Brackenfell Arena :

-       Dirkjé Stoffberg – O/17B

-       Este Nel – O/16B

-       Diané van Wyk – O/16B

Baie geluk aan hierdie dogters!

Atletiek

Hier is die uitslae na die Wes-Kaap kampioenskappe :

- Heleen Malan D.19 :               800m 1ste, driesprong 3de, 400m hekkies 2de

- Annereen Malan D.15 :          800m 4de

- John-William Dürr S.19 :       400m hekkies 4de, 110m hekkies 2de

- Duncan Matthews S.17 :       verspring 4de, 400m hekkies 4de

- Pieter-Steph du Toit S.17 :   gewigstoot 4de, diskus 3de

- Rally Fredericks S.15 :          400m 3de

- Lorenzo Adams S.17 :           400m 1ste

- Kyle Leukes S.17 :                 100m 5de

- Alrico Retief S.19 :                 gewigstoot 2de

- Marichen Groenewald D.19 : diskus 4de

Atlete wat vir die Boland Skolespan gekies is : Heleen Malan, John-William Dürr, Lorenzo Adams. Hulle neem deel in Sasolburg op 26, 27 Maart.

Atlete wat vir die Boland Junior Atletiekspan gekies is : Lorenzo Adams, Duncan Matthews en Heleen Malan.  Hulle neem deel in Germiston op 10, 11 April.  Baie geluk aan ons atlete met hul puik vertonings en baie sterkte met die volgende uitdaging!

Fondsinsamelingsprojekte

Met die oog op die vakansie inkopies, wil ons net weer u aandag op ons MAKRO en MY SCHOOL projekte vestig.  Deur hierdie kaarte te toon by die betaalpunt, kan u fondse vir die skool insamel sonder moeite!  Wat ‘n maklike manier en ondersteuning wat ons van dié maatskappye kry om ons skool se fondse aan te vul.  Op hierdie stadium maak ons heeltemal te min gebruik van hierdie maklike fasiliteit om fondse te in.

 Die MY SCHOOL kaart kan by besighede soos Woolworths, Engen, Waltons, Toys R Us, Reggie’s, Quicksilver, Supaquick en Kalahari.net getoon word.  Vir meer inligting en ‘n aansoekvorm vir ‘n kaart kan u gaan kyk by www.myschool.co.za U kan ook die kliëntediens-sentrum by 0860 100 445 skakel vir enige hulp.

Vir ‘n MAKRO kaart kan u vir Tracy Vianello skakel by MAKRO Milnerton 021-550 6463 of 071 674 9188 of aanlyn aansoek doen by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of www.makro.co.za Indien u reeds oor ‘n MAKRO kaart beskik is dit belangrik om by Tracy navraag te doen of dit aan ons skool gekoppel is.  Verskaf bloot die nommer op die kaart aan haar en sy sal die nodige doen.  As u dit reeds ‘n vorige jaar gekoppel het, is dit nie weer nodig nie!

Kom ons werk saam om regtig met min moeite ‘n fonds vir ons skool te genereer. Al wat u moet doen is om die kaarte in u beursie saam te dra, en by die betaalpunte te toon.  Aansoekvorms vir beide hierdie kaarte is ook by mev D de Klerk by die skool beskikbaar.

WEEKPROGRAM

Saterdag 20 Maart

Sportdag te Brackenfell (weg)

Toutrek SA’s te Drostdy

Maandag 22 Maart

Publieke vakansiedag

Dinsdag 23 Maart (Dag 6)

Kooroefening 19:30 – 21:00 ALMAL moet teenwoordig wees

Woensdag 24 Maart (Dag 7)

Afrikaans gr 8 – 12 vraestel 3

Detensie : 13:30 – 15:30

Gholf Wes-Boland finaal te Moorreesburg

Donderdag 25 Maart (Dag 8)

Rugby, hokkie, netbal vs Tygerberg (tuis)

Let wel : Toegang – R5 per persoon, R10 per voertuig binne-parkering

Program :

RUGBY

TYD

A-veld

TYD

B-veld

TYD

C-veld

15:30

14A

15:30

15B

15:30

19D

16:35

19C

16:40

16B

16:40

14B

17:45

16A

 

 

17:45

15A

18:55

19B

 

 

 

 

20:00

19A

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

NETBAL

TYD

A-baan

B-baan

C-baan

D-baan

15:30

16B

19E

16F

14D

16:10

14A

19C

16E

14C

16:50

19B

19D

16C

14B

17:30

16A

 

16D

LSS 13A

18:15

19A

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOKKIE (B & C velde voor die skool)

TYD

A-veld

spreiligte

B-veld

C-veld

15:30

16A (S)

14A (S)

19C (D)

16:30

16A (D)

19B (D)

14A (D)

17:30

19A (D)

16B (D)

 

18:30

19A (S)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vrydag 26 Maart

Skool sluit 10:30

Atletiek : SA Skole

Saterdag 27 Maart

Atletiek : SA Skole

Rugby vs HJS Paarl te Tony Stoops rugbyfees

Studiemetodekursus

9-10 April 2010

TinaCowley Leessentrum

Kontak Corné Bosman

082 768 3745 ; voor

1 April 2010

 Klerebanktye vir die week:

Maandag :   Vakansiedag

Woensdag : 09:00 – 14:00

Vrydag :       09:00 – 10:30

Rockies doen getrou hul bes tot op die laaste dag van die kwartaal!

You are here: News Schools Hoërskool Swartland 19 Maart 2010