swartland business directory
You are here: Home News Schools Hoërskool Swartland 29 Jan 2010

Hoërskool Swartland 29 Jan 2010

E-mail Print
hoerskool-swartlandBeheerliggaamverkiesing :  Op Donderdag 4 Februarie om 18:30 het ons die verkiesing van twee lede vir die beheerliggaam. Dit sal in die OLOK-saal plaasvind.  Ons het tans die dienste van iemand met finansiële kennis en ervaring nodig.  As u so ‘n persoon is, vra ons vriendelik dat u uself beskikbaar stel om vir ons skool behulpsaam te wees.  Ons het ‘n kworum nodig vir hierdie verkiesing, daarom versoek ek u om asseblief die verkiesing by te woon en te kom stem.  As ons nie ‘n kworum het nie, sal daar nog ‘n verkiesing op Maandag 8 Februarie om 18:30 moet plaasvind.  Ons hoop regtig u sal u weg kan oopsien om ons te kom ondersteun.

Onttrekking van leerders gedurende skooltyd :

Dit is ‘n Departementele reëling dat geen leerder gedurende skooltyd verlof mag verkry om die skoolterrein te verlaat nie.  Leerders verloor kosbare onderrigtyd in alle vakke, maar in vakke soos byvoorbeeld Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde is dit moeilik om weer die agterstand in te haal.  Dit is essensieel dat leerders klasse moet bywoon om die nodige punte te behaal. Dis kommerwekkend om te sien hoeveel ouers hul kinders kom haal vir beuselagtighede.  Op uitsonderlike gevalle sal ons leerders na ortodontiste en ander spesialiste laat gaan.  Selfs doktersafsprake moet liefs sover as moontlik in die namiddae gedoen word.  Ons hoop dat ons u samewerking kan geniet met hierdie belangrike saak.

Graad 8 Baadjieseremonie :

Ons graad 8’s se status as klippies is iets van die verlede.  Hulle is nou volwaardige Rockies!  Baie welkom aan elkeen - ons weet ons kan te alle tye op julle samewerking staatmaak.

Handboeke :

Die skool se getalle het drasties gegroei.  Ons staan tans op 752, die hoogste nog in jare.  Ons het tekorte in handboeke, wat alreeds bestel is, maar onderwysers fotostateer uit bestaande boeke sover hul kan om leerders te akkommodeer wat nog nie handboeke het nie.  Ons vra u geduld met hierdie saak.

Meublement :

Ons ervaar ‘n tekort aan skoolbanke en is in die proses om stoele en tafels aan te koop.  Wat die nuwe Verbruikerstudie-klas aanbetref benodig ons 5 stowe.  Indien u van so ‘n kontak weet, vra ons dat u ons asseblief inlig – ons wil probeer om dit teen die minimum prys aan te koop, of dalk ‘n donasie te kry om ons hierin te help.

Interkleure atletiek :

Op 21 en 22 Januarie het ons ons jaarlikse interkleure atletiekbyeenkoms gehad.  Daar het 565 leerders ingeskryf vir die byeenkoms.  Die gees en deelname was baie goed.  Die uitslag om die sangbeker was tot op die laaste oomblik uitgespook en die GOUDSPAN het toe met die beker weggeloop.  Die puntebeker is deur die BLOUSPAN verower maar die punteverskil met die witspan was slegs 10 punte!  Baie geluk aan al die deelnemers wat met ‘n goeie gees deelgeneem het, asook diegene wat presteer het.  Baie dankie aan almal wat ‘n aandeel gehad het aan die sukses van die dae – op die baan, by die Snoepie, administratief, beamptes en grondpersoneel.  Ons waardeer elkeen se betrokkenheid.  (Sien rekords wat verbeter is by Leerderprestasies)

Ander atletiekbyeenkomste :

- Interskole atletiek  :               9 Februarie (tuis) Deelnemers : HS Swartland, Hugenote, Boland Landbou, La   Rochelle en Worcester Gimnasium

- Swartland Sone  :                 13 Februarie (tuis)

- Wes-Boland :                         20 Februarie op Moorreesburg

- Boland kampioenskappe :  26, 27 Februarie op Stellenbosch

- Wes-Kaap :                            13 Maart in die Paarl

- SA Skole :                              25, 26, 27 Maart in Sasolburg

- ASA Juniors :                                    15, 16, 17 April in Johannesburg

Oefentye :

Atlete moet asseblief let op die atletiek oefentye : Dinsdae en Donderdae om 15:30.

Hierdie naweek is verskeie leerders betrokke by toutrek, swem en krieket.  Ons wens hulle alle sterkte toe met die verskeie kompetisies en wedstryde en sien uit na positiewe uitslae!

DJ MARAIS

SKOOLHOOF

2.   Voorligting

Graad 12 oueraand :

Ons graad 12 ouers het reeds ‘n skrywe hieroor ontvang maar ons herinner u net vriendelik aan hierdie belangrike oueraand vir ouers en leerders op Maandag 1 Februarie om 19:00 in die skoolsaal.

Besoeke :

Die Universiteit van Stellenbosch kom besoek ons op 16 Maart om die graad 12 leerders toe te spreek in die saal vir een periode, direk na die formele toets periode.  Alle graad 12’s moet dan in die saal aanmeld.

Noordwes Universiteit, Potchefstroom, kom op Woensdag 3 Februarie ons graad 12’s toespreek in die Lewensoriëntering tydgleuf.  Al die graad 12 leerders sal daardie dag kans kry om hierdie belangrike inligtingstoespraak by te woon.

US toegangstoetsdatums vir 2010 :

As deel van toelating tot die Universiteit Stellenbosch is alle voornemende studente verplig om toegangstoetse te skryf.  Studente word egter ook individueel ingelig oor die datum van toelatingstoets sodra aansoek om toelating gedoen word.  Let asseblief egter op die volgende datums vir u inligting :  12 Junie, 17 Julie, 21 Augustus, 2 Oktober en 27 November.

Huisvesting vir uitruilstudent :

Indien u belangstel om as ‘n gasgesin op te tree vir ‘n uitruilstudent van Duitsland, sal ons dit waardeer indien u vir mejuffrou Greeff by die skool sal kontak by 022-482 1469 vir meer inligting.

3.   Skool-, koshuis- en busgelde

Skoolfonds :

Alle leerders het op 21 Januarie kontrolevorms ontvang.  Ons wil vra dat u as ouers dit sorgvuldig deurlees, invul en onderteken en voor of op 5 Februarie aan u kind se registeronderwyser terugbesorg.  Dis ‘n belangrike dokument aangesien ons ons data van elke kind moet opdateer.  Baie ouers se besonderhede verander van tyd tot tyd en dan is ons rekords nie op datum nie.  Dankie vir u samewerking!

Ons het nog altyd via hierdie nuusbrief op u kon staatmaak om skoolfonds aan leerders se rekeninge te allokeer.  Ons het weer hulp nodig met die volgende drie inbetalings :

-       16/01 : Niel Swart R6 400

-       21/01 : School fees R3 200

-       26/01 : Kontant deposito R500

Indien hierdie inbetalings deur u gedoen is, wil ons vriendelik vra dat u mev P van der Westhuijzen (finansieskantoor) by die skool sal skakel.

Rekeningnommers :

U moet asseblief daarop let dat die rekeningnommers van die skoolfonds, koshuisgeld en busgeld van mekaar verskil.  Ons gee dit maar weer deur in geval u dit nog nie het nie :

Vir skoolgeld en klerebankgelde :

Hoërskool Swartland           Rekeningno 0380 390 124           ABSA Malmesbury – 334-307

Vir dogterslosiesgelde, deposito’s en naweekgelde :

Huis van Zyl                            Rekeningno 0380 145 782           ABSA Malmesbury – 334-307

Vir seunslosiesgelde, deposito’s en naweekgelde :

Huis van Imhoff                     Rekeningno 0380 145 790           ABSA Malmesbury – 334-307

Vir Riebeek busroetegelde :

Busdiens                                 Rekeningno 0380 220 245           ABSA Malmesbury – 334-307

4.   Leerderprestasies

Die volgende rekords is verbeter tydens ons Interkleure atletiekbyeenkoms :

Annereen Malan :      D.15 – 800m

Duncan Matthews :   S.17 – 400mH

Heleen Malan :            D.19 – 400mH

Heleen Malan :            D.19 – 800m

Heleen Malan :            D.19 – Driesprong

John-William Dürr :   S.19 – 110mH

Aflos :                           S.17 – 4 X 100m

Baie geluk aan hierdie atlete met die puik prestasies.  Ons is trots op julle!

WEEKPROGRAM

Maandag 1 Februarie (Dag 3)

Graad 12 oueraand om 19:00

Kooroefening vir ALLE koorlede 13:30 – 15:00 in die skoolsaal

Dinsdag 2 Februarie (Dag 4)

 

OOV bestuur vergader om 18:00

Wes-Boland rugby vergadering

Woensdag 3 Februarie (Dag 5)

Detensie : 13:30 – 15:30

Skoolhoofdevergadering te Swartland

Donderdag 4 Februarie (Dag 6)

Rocking Future Road show gr 12’s – 12:30-13:30

Beheerliggaamverkiesing OLOK-saal om 18:30

Vrydag 5 Februarie (Dag 7)

Skoolhoofdetensie

Gr 12 Voorgeskrewe uitstappie

Tennis vs Hopefield 1ste seuns en dogters (tuis)

Saterdag 6 Februarie

Toutrek te Helderberg

Krieket O/19A (weg), O/15A (tuis) vs Worcester Gim; O/17A vs HJS (weg)

Maandag 8 Februarie (Dag 8)

Erekleuretoekenning in Saal

Gr 11 beroepsuitstalling periodes 3 en 4

Interskole gholf (tuis)

 

Add comment


Security code
Refresh

0-9 A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Local News

Hoërskool Swartland 9 Junie 2010

Hoërskool Swartland 9 Junie 2010

Kwartaalbrief Junie 2010
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Rugbytoernooi
Ons skool bied ‘n rugbytoernooi aan op Donderdag 8 Julie en Saterdag 10 Julie op ons velde.  Hier volg die tye van die wedstryde en die spanne wat teen mekaar sal speel:

Read more...
More:

29ste Kudde-Evaluering en Ramveiling

Vrydag 7 Augustus hou die Malmesbury skaapstudiegroep hulle 29ste Kudde-Evaluering en Ramveiling.  Die beging reeds 07:00 die oggend en daar is heelwat te doen.  Vir volledige program, gaan na die Events.

Read more...
More:

How to List Business

How to List Business

There are three ways to list :
1. Contact us (073 143 9530) and we will visit you at your business and do all the admin.
2. Down load the application form , complete it and e-mail or fax it back to us.
3. Do it yourself by following the steps as shown  in...

Read more...
More:

The Darling Trust

The Darling Trust

About The Darling Trust

The Darling Trust was established in August 2003 by founding member, former trustee and present patron, Pieter-Dirk Uys.

Read more...
More:

How to List Jobs

To add a listing under the jobs section, all you have to do is to click on Add Entry under the jobs menu.  Just fill in your name Name, Town, Telephone, if you have an email, the type of work that you are looking for or that you might have and the de...

Read more...
More:

NG Gemeente Swartland 13 Junie 2010

NG Gemeente Swartland 13 Junie 2010

Program van die week
Sondag 13 Junie
09:30 Doopdiens– Ds Gert Hattingh
Spes. Deurkollekte: Restourasiefonds
Opbrengs Jeugwerk: R1394.80
Biddag vir Jeug en Kategese Read more...

More:

Malmesbury Muurbalklub 2009

Malmesbury Muurbalklub gaan van krag tot krag, en het hierdie jaar dit weereens bewys.

Daar is 3 spanne in die WP liga ingeskryf, en die spanne het as volg presteer.

4e liga:  Wen hul liga

Span: Marcelle Prinsloo, Francois Louw, Frikkie Bester, Johan Coe...

Read more...

Make us your Homepage

Price List

business-directory-option1 FREE LISTING
See Sample
Cost
FREE
business-directory-option2 MINI Website
See Sample
Cost
R385 per year
business-directory-option3 FULL Website
See Sample
Cost
From R2500

Sê jou Sê

Wie is die swakste bok in Australasie?
 

Who's Online

We have 9 guests online